Boerseep

Boerseep

R40.00

Kouewater Boerseep is ‘n suiwer seep. Dit word gemaak van 2 natuurlike bestanddele met geen bymiddels nie. Die ph is normaal. Die seep word verouder nadat dit gemaak is, en so word dit dan ook so besonder hard.

Dit is besonder effektief, ekonomies en veeldoellig. Die geheim is die effektiewe verwydering van hardnekkige vlekke, deur dit te week (gras, olie, sweetvlekke en sweetreuke, bloed, wyn, roes, ink, vet, vrugte, kerrie,….en vele meer)

In die res van die huis vervang dit die gewone skoonmaak- en bleikmiddels.

In die badkamer vervang dit die lyfseep, gesigseep, skeerroom en sjampoo.

Dit is effektief in koue en warm water.

.

Gebruik boerseep vir ALLE skoonmaakdoeleindes in en om die huis….en SPAAR geld.

[Los 5 teelepels gerasperde boerseep op in warm water (los 100% op) en gooi in ou skoonmaakmiddelbottel gevul met kouewater = en maak jou hele huis daarmee skoon..matte, teels, gordyne, mure, badddens, storte, vensters, potte en panne, stoofplate, gasstoofbrander …] Wanneer opgeloste seep afkoel, dan lyk dit soos stysel. Smeer aan hardnekkige teëls of teëlgrout en borsel met skropborsel maklik skoon.

Maak lapmeubels weer nuut deur dit met boerseep en ‘n lap te was. Vir blink ruite en skitter blink glase, gebruik boerseep. Boerseep verwyder taai plakkers, soos op glasbottels.

Gebruik liefs minder boerseep as te veel. Dit is ‘n gekonsentreerde produk.

Dit vervang die seeppoeier, versagmiddel en vlekverwyderaar in die wasmasjien. In die wasmasjien was ‘n ½ koppie gerasperde boerseep (opgelos in warm water) ‘n hele [5 – 7 kg] bondel wasgoed . Meng gerasperde boerseep met warm water en voeg by water en wasgoed in wasmasjien. Vir minder vuil wasgoed, gebruik minder boerseep.

Omdat dit so suiwer is, is dit ook vir gebruik op die liggaam. Dit bevogtig die vel. [Handgemaakte seep se vogmiddel word nie onttrek nie.] Bring verligting met los vlokkies in hare, wenkbroue en snor. Dit bring verligting vir tieners met ‘n probleemvel. Wanneer ‘n mens baie in water werk, gebruik boerseep en voorkom so die los velletjies wat langs die naels vorm. Wanneer n mens met boerseep was, het ‘n mens minder behoefte aan vogroom. Vir ‘n baie sensitiewe vel, was die lyf en klere asook beddegoed met boerseep.

Baie honde het las van gejeuk / allergie. Was gerus die honde ook met boerseep, dit bevogtig hulle pelse, verwyder reuke en hou tot die vlooie weg.

BOERSEEP SPAAR GELD EN TYD !!!

Description

Boerseep

1 bottle of grated Boerseep (300g)

Boerseep helps to remove stains:  cloth nappies (do not soak modern cloth nappies which has PUL or elastics), clothing, pots, pans, bedding, carpets, baths and showers.

Can even be used to wash your hands with as it is gentle on skin.

Warm or Cold water can be used.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Boerseep”

Your email address will not be published. Required fields are marked *